Da Mario se gepraat…

Die stukkies van my hart.

July 2, 2008 · 19 Comments

Ek was op ‘n manier seker maar nog altyd okay daarmee gewees om alleen te wees en soms het ek sulke tye baie nodig gehad.  Op die tye wat jou kant van die bed soggens egter nogsteeds opgemaak is dan weet ek dat die dae soos jare gaan voel omdat jy nie by my is nie.  En wanneer jy huis toe gaan en my alleen los dan wil ek die treë tel wat jy gee weg van my af en ek wonder of jy kan sien hoe teësinnig dit is wat ek jou toelaat om te gaan?
Daar is so baie dinge wat ek doen wat my herinner aan jou.  Daar is so baie oomblikke wat jy in my gedagtes langs my staan en ek met jou gesels of jou opinie vra.  Ek mis die woorde op jou tong en die wysheid en liefde waarmee dit na my kom en die manier wat dit het om my deur ‘n dag te kry.

Wanneer jy weg is mis die stukkies van my hart jou.  Ek mis jou…

→ 19 CommentsCategories: Sommer praat...

Afdag.

July 1, 2008 · 15 Comments

Ek speel bietjie bly-by-die-huis Daddy vandag.  Jordan het gisteraand gesê hy voel nie lekker nie en vanoggend het hy glo ook nie te lekker gevoel nie, so ek vat vandag tyd af om so bietjie tyd saam met my seuntjie te spandeer.  Dit lyk darem nie dodelik nie, seker maar ‘n ernstige aanval van eksie-lus-vir-vakansieskool-nie! :D

Maar mens kan nie kanse vat met kids nie, so ons bly maar by die huis en hou die simptome dop…

→ 15 CommentsCategories: Sommer praat...

Just smiling…

June 29, 2008 · 17 Comments

 

Somehow voel ek vanaand ‘n effense tekort aan woorde om te probeer beskryf wat ek voel.  So…
Dit was ‘n stunning wintersdag.  Ek, Jordan en Karin in die buitelug, ete en speel en gesels.  Ek’s happy.   

→ 17 CommentsCategories: Sommer praat...

Guy Caminsky.

June 27, 2008 · 1 Comment

As jy weet wie dit is, dan sal ek erg verras wees.  Die enigste rede hoekom ek weet wie dit is, is omdat ek voorheen tenpin bowling gespeel het.  EN hierdie ou het onlangs iets reggekry wat seker vergelykbaar is met Trevor Immelman se oorwinning in die Masters op Augusta. 

Hier is die beriggie soos hy verskyn het op http://worldtenpinmasters.com
Wed jou jy gaan in GEEN koerant daarvan lees nie…  :roll:

CAMINSKY WINS THE WORLD TENPIN MASTERS

 

GUY Caminsky is the winner of the 2008 PartyCasino.com World Tenpin Masters.

South African Caminsky came from behind to win the trophy in a thrilling final as he defeated 2006 champion Chris Barnes 526-517.

Caminsky trailed by 258-249 at the halfway point but took the lead for the first time in the seventh frame of the second game and then held his nerve to clinch the victory.

Each bowler spared three times in the first game in front of a capacity crowd at the Barnsley Metrodome.

Barnes led by nine pins at the end of the opening game and following a further four frames, the American extended his lead by one further pin.

However, the turning point came in the seventh frame when the American spared.

Caminsky followed that up with a strike of his own as he went in front for the first time in the final and then showed what it meant to him by screaming out to the crowd.

Barnes maintained the pressure by continuing to hit strikes and it became a question of whether Caminsky could hold his nerve.

With three balls left, Caminsky needed two strikes and punched the air in delight as he got the first of them.

A strike with his next ball would give him the title.

It was successful and Caminsky jumped for joy as he had achieved his ambition of winning a major bowling tournament.

He lifted the trophy, claimed the title of World Tenpin Masters Champion and had also won £30,000.

Nog ‘n beriggie….

Champion Caminsky: I’ll treasure this for ever

 

GUY Caminsky believes winning the 2008 PartyCasino.com World Tenpin Masters fulfilled a childhood dream.

Caminsky became the ninth different winner of the tournament, which was held in front of a packed crowd at the Barnsley Metrodome.

In a thrilling final, South African Caminsky came from behind to defeat 2006 champion Chris Barnes by 526-517.

“As a kid you dream about that moment when you strike out and win a tournament,” said Caminsky. “It’s everyone’s dream and when I struck it I was over the moon.

“This means the absolute world to me to get this title. It’s going to be huge for the sport back home and hopefully more guys from there will come and travel overseas.
For me I will treasure this moment for the rest of my life.

“Not until the final shot in the second game did I think I could win the game.

“He (Barnes) left a wobbling fourth pin in one of the frames and if that had fallen he would have been the champion.

“He did not give it this victory to me I had to go out there and earn it. He’s a true champion and unfortunately one of us has to lose.

“Before I went into the final I just thought ‘I hope it’s a good one’ because I didn’t want to go down as the worst finalist ever.

“The crowd were fantastic and they got me through it.

“It’s a great event and I had nothing to lose. I was used to losing here but what does winning feel like? It feels brilliant.”

American Barnes had been the favourite to win after impressive performances throughout the three-day tournament, including the best individual score in the competition’s 10-year history.

But it was not to be for Barnes in the final, who admitted Caminsky deserved to win.

“I gave it everything I had but he threw a world-class double in the tenth frame and not many people could do that,” said Barnes.

“I made him show up and that’s all I wanted to do but he showed up like a champion. It feels terrible.

“We get to bowl in places all over the world but this tournament is the most fun. The crowd are so boisterous but it’s a lot of fun and I hope to get back here again next year.”

→ 1 CommentCategories: Sport

Domain name shake up.

June 27, 2008 · 6 Comments

Paris - Internet users should soon be able to use new domain names such as .love, .paris or .bank if one of the world wide web’s biggest shake-ups is approved this week as expected by the web regulator Icann. http://www.news24.com/News24/Technology/News/0,,2-13-1443_2345626,00.html

The Internet Corporation for Assigned Names and Numbers (Icann), which opened its annual general meeting on Monday in Paris, was due to vote on the new names this week. http://www.news24.com/News24/Technology/News/0,,2-13-1443_2347862,00.html

“Apart from the .com, .net or .org, the 1.3 billion web users will be able from early 2009 to acquire generic addresses by lodging common words such as .love, .hate or .city or proper names,” Icann president Paul Twomey told French newspaper Les Echos.

The meeting has gathered more than 1 300 delegates from 130 countries.

Icann, a non-profit organisation based in southern California, oversees the assignment of domain names and internet protocol addresses that help computers communicate.

→ 6 CommentsCategories: Space & Science

HTML 101

June 26, 2008 · 11 Comments

<boobies>

<stoetbul>

<flirt>

</flirt>

</stoetbul>

</boobies>

 

<K>

→ 11 CommentsCategories: Sommer praat...

H A P P I N E S S

June 25, 2008 · 23 Comments

Ek is nogal moeg vanoggend.  Gister was vir ons ‘n luilekker Pizza en dvd aand, want ek was te lui om kos te maak en pizza gaan tog lekker saam met movies.  Ek dink ek sal bietjie later weer my slag agter die potte beoefen, maar as mens pizza of so kry is daar ook sommer minder skottelgoed en elke ding.  Ek was ook glad nie lus om te gaan sing nie, vanaand sal ek dalk gou so paar liedjies gaan doen, maar ek dink ek sal maar vroeg huis toe gaan.  Ek wil so bietjie slaap inhaal.

Maar dit was vreeslik lekker.  Die movie was ‘n classic en ‘n gunsteling vir ons beide.  Ek like dit om soms sommer net weer ‘n ou gunsteling te kyk, iets wat jou herinner aan hoekom dit spesiaal is, aan wat dit is waarvan jy werklik hou.  En dit te deel. 

Dalk moet ek nou nog net probeer om op te hou smile….

→ 23 CommentsCategories: Sommer praat...

Ek moet bieg…

June 24, 2008 · 19 Comments

Daar is sommige van my lesers wat my actually baie goed ken, en sommige van hulle sluip soms maar net so in die agtergrond rond en los nie altyd comments nie.  Wat natuurlik heeltemal fine is.  Soms weet ek nie eers hulle was hier totdat hulle iets noem oor wat ek geskryf het nie en dan is dit nogal ‘n verrassing.  Anyways, hoekom ek dit noem is omdat dit direk van toepassing is op die onderwerp waaroor ek wil bieg.
Julle sien, ek like lekker kos.  Ek en lekker kos is moerse pêlle.  Die pad na my hart loop nou wel nie deur my maag nie, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.  Anyways, lekker kos is om die een of ander rede nie altyd gesonde kos nie.  Ek like dit byvoorbeeld om lekker skaaptjoppies te braai.  Of lekker steak met so lekker stuk crispy vet aan.  Glo is beide nie juis goeie nuus vir jou cholestrol nie.  En ek like goed soos take-aways en pizza, glo glad nie goed vir jou middel se size nie, en dan like ek nog lekker biltong en cabanossi ook.  En ek het nog altyd gedink dat die beste slaai goed soos hoender en vis is.  Ek bedoel, ek het nooit werklik slaai geëet nie, vir my was “slaai” witvleis…  :roll:

Nou voel dit amper vir my asof ek moet bieg: “Forgive me Father for I have sinned.  I started to enjoy healthy food…” 

Ek het nou al so paar oggende, in plaas van pasteie en gaskoeldranke of leftovers van gisteraand se Spaghetti Bolognaise, eerder iets gesonds gehad vir ontbyt.  Okay, hier kom dit… die ding waaroor ek moet bieg….. vrugte yughurt en muesli.  (Almal trek gelyktydig hulle asems skerp in…)  :shock:
Jip… ek eet actually yoghurt en muesli.
/me laat sak sy kop in stille erkenning….

EN dis actually lekker. EN ek klim gereeld trappe. Baie van hulle, 10 vloere se trappe op ‘n slag. Dit van my 1 minuut 35,7 sekondes. Dis miskien ‘n minuut langer as die hysbak as hy nêrens stop nie. En ek like dit…
Ek het ook baie lekker muesli ontdek. “Royal Swiss” is die een, dit het ook allerhande stukkies vrugte en neute en stuff in wat heerlik is, en dan is daar “Nutty Crunch” van Nature’s Source. En dit ruik ook sommer ongelooflik lekker. So ek eet sommer vreeslik lekker en nou is dit nog gesond ook.

Oraait, so ek weet, dit pas nou nie heeltemal by die “bad-boy-gladdebek-womeniser-chaff-elke-girl image” nie, maar dis anyways nie wie ek is nie. So hey, voorheen sou ek dalk gespot het dat dit my heel gay sou laat voel om verantwoordeliker te wees. Maar ek is.

EN dis lekker!

→ 19 CommentsCategories: Sommer praat...

My naweek.

June 23, 2008 · 11 Comments

Mmmm…. die naweek….

Actually het hy nogal effe sleggerig begin.  Vrydag deur die dag was great en elke ding maar hier iewers na 4 het hy skielik en spectacular in die hek geduik.  Moerse fireball en elke ding.  En dit oor EEN enkele baie dom onnosele opmerking wat ek gemaak het.  BOEM. 

Tinge-linge-lieng… 1-2-3… Batty verloor. 

Right, daarvandaan het hy darem effe kop opgetel en stelselmatig met groot hoeveelhede explain (van my kant af), baie g-mail (heen en weer van albei) en sms’e (ditto) en vreeslik baie understanding (van haar kant af) danksy ‘n great girl beter geraak.  Wetie of as die skoen aan die ander voet was ek so easy sou verstaan het nie, maar dit smaak my sy is heelwat (half)-ouliker as wat ek gedink het en nadat sy my (nie met ‘n handsak geslaan het nie maar vertel het sy moes) goed vertel het hoe stupid ek nou eintlik kan wees met tye, is ek toegelaat om uit die dogbox te kom.

Die res van die naweek was toe (na daai begin) plain sailing.  Het met die seuns gekuier en shopping gedoen, rofstoei gekyk dat dit by my ore uitkom en verlang na ‘n sekere baie sexy girl dat ek wou skree.  Donovan het ook bietjie kom kuier Saterdag so dit het my takie aansienlik vergemaklik gedurende Saterdagmiddag en ek kon die rugby dus in rus en vrede kyk.  Toe begin ons braai en Donnie gaan huis toe tot Elmar en Jordan se teleurstelling. 
Sondag was rustiger.  Ons het movies gekyk en bietjie rondgery.  Gaan uiteet by McDonalds (sodat die kids kan speel en ek actually kan eet) en weer stoei gekyk.  O ja, Sondagmiddag was daar Formule 1 Grand Prix vanuit Frankryk op die TV en direk daarna die Moto-GP vanaf Donnington in Engeland.  Ons manne het dit saam gekyk en ons almal het eenparig besluit dat bikes darem baie lekkerder kyk en lyk as karretjies. 

Right, Sondagaand het ek Elmar huis toe gevat en oppad terug na my huis toe tel ek en Jordan ‘n dice op.  En eventually eindig ons op in Voortrekkersweg.  En toe dice ons maar saam en ry so paar keer om die blok en af in die strate tot die kar (en veral die remme) lekker warm is en toe besluit ons om maar by Cashbah te stop vir Milkshake en chips.  Terwyl ons nou wag vir die order om gebring te word besluit Jordan hy kyk maar rond, terwyl hy saam met die cd wat speel sing, en hy waai vir die waitress’e wat daar rondstaan.  Nie lank nie toe kom stop daar ‘n ou en so blonde girl langs ons in ‘n Golfie.  En Jordan waai vir die girl.  En sy lag en waai terug.  Ek sien die ou loer net so die kant toe met ‘n rokie wat by sy mond uithang en hou die storie dop, check seker net wie chaff sy girl so.  Toe moedig ek natuurlik vir Jordan aan om ‘n soentjie vir haar te blaas wat hy toe ook doen.  En ek sien die laaitie in die anner kar check die storie maar net so uit!  Waar ek die streep getrek het was toe Jordan wou hê ek moet ook vir haar ‘n soentjie blaas… gelukkig het die milkshake op daai oomblik opgedaag so toe kon ek hom iets in die hand stop. 
Daarvandaan is ons huis toe, het die M-Net movie gekyk en gaan slapies. 

Heel lekker gewees actually… heel flippen lekker.  En vandag is ek bly dit is Maandag.  Want ek het ‘n chocolate muffin hier wat ‘n baas soek en ‘n koppie Cafe Latte. 

Geniet die week, ek weet ek gaan! ;)

→ 11 CommentsCategories: Sommer praat...

Net mooi niks.

June 20, 2008 · 12 Comments

Ek het vandag niks om te skryf nie.  Blog-blok dink ek noem Jane dit.  Ek het seker nou al 3 keer ‘n post begin en dit dan maar delete, dinge wil net nie vlot nie.  So nou los ek dit maar.  En los ek julle maar met goeie wense vir die naweek.  Gaan groot, geniet dit en soet wees en al daai ander dinge. 

O ja, ek soek ‘n bike.  En ek ken iemand wat een wil verkoop soos wat ek soek.  G’n superbike of iets vir my nie, net ‘n lekker gewone bike.  Nou wik en weeg ek so bietjie.  Sal maar sien hoe werk dinge uit. 

En die oom wat die kareoke doen het my vertel dat hy terwyl jy sing dit kan record en sommer direk op ‘n cd vir jou sit.  Nou wonder ek of ek dit moet waag.  Weet nie of ek na myself wil luister as ek in die kar rondry nie… :roll:

Nou ja, dis dit.  Geniet julle naweek en die rugby as daar is en al sulke goeters.  Ek dink ek en my seuns gaan maar net so paar goedjies saam doen.  Ek het nie enige spesifieke planne nie, so hopelik draai die naweek lekker rustig uit. 

Enjoy…

→ 12 CommentsCategories: Sommer praat...